|
|
Erfenisvereniging van Centurion |
|
|
|
|
|||
|
Uitnodiging |
|||
|
|
UITNODIGING VAN DIE JAARLIKSE KRANSLEGGING BY DIE IRENE KONSENTRASIEKAMPKERKHOF OP SONDAG 11 OKTOBER 2009 Daar word gesê dat kinders ouers kan begrawe, maar ouers moet nie kinders begrawe nie. Die dood van 'n enkele kind is 'n traumatiese en uiters hartseer belewenis. Tydens die Anglo-Boereoorlog het daar benewens volwassenes, ongeveer 25 000 kinders in konsentrasiekampe gesterf. Meer as 1000 van hierdie kinders het in die Irene-kamp gesterf. Ons herdenk elke jaar die tragedie met ‘n baie toepaslike program op die terrein van die Irene-Konsentrasiekampkerhof, en ek wil u graag uitnooi om dit hierdie jaar by te woon. Die program begin met sonsopkoms en hierdie jaar gaan onder andere die Musette-koor optree. Na afloop van die program word daar koffie en beskuit bedien, en dit maak vroeg genoeg klaar dat u nog die diens in u eie gemeente kan bywoon. Kom eer saam met ons die nagedagtenis van die kinders wat met hulle lewens betaal het, en die ouers wat langs die graffies moes staan. Die instandhouding van die herinneringserfenis is verrykend en die moeite werd. Dr Willem Cruywagen Voorsitter, Reëlingskomitee Tel: 012 344 2463 Alternatiewe kontaknommer: Cilliers du Preez of besoek www.erfenis.co.za Aanwysings: Die Kampkerkhof se ingang is in Stopford straat, Irene. Neem die Bothalaan afrit vanaf die N1, draai Suid in die rigting van Irene, ry vir ongeveer 1km en draai dan regs in. Stopfordstraat. Die hekke sal oopgesluit wees vanaf 04h45. Bring asseblief u eie stoele saam, en blomme vir die versiering van die grafte |
||
|
(c) 2005 Erfenis vereniging van Centurion - Gebruiksvoorwaardes - Kontak ons - Webmeester |
|||