Erfenisvereniging van Centurion

 

 

Irene Jaarlikse Kampkerkhof herdenking

 

Voorblad

Kaart

Nuus

Kerkhof

Boeke

Doelstellings

Sluit aan

Kontak ons

 

 


Wat 'n goeie opkoms!

Hierdie jaar is die herdenking van die konsentrasiekamp in Irene gereël deur 'n spesiale subkomitee wat saamestel is deur die Erfenisvereniging, en het hulle hulle goed gekwyt van die taak!

Vir 'n verandering het hulle besluit om dit met dagbreek te hou - ja, die son kom voorwaar om 05:37 op! Dit was 'n riem onder die hart om te sien hoeveel mense (meer as 300) bereid is om 'n sondagoggendslapie op te offer ter herdenking aan die meer as 1000 kinders en vroue wat in die kamp gesterf het.

Dr Willem Cruywagen was die seremoniemeester in 'n program waarin onder andere skole, kerke en die voortrekkers 'n belangrike rol bygedra het. Tersia Knobel het die musiek gemaak, en hoe lekker was dit om weer die Stem te hoor, om Prys die Heer uit volle bors te sing, die Magaliesburgse Aandlied en Slaap rustig dapper helde.

Irene Primary School, die skool wat gestig is meer as 100 jaar gelede in die kamp, het nie van die britse soldate wat daar gesterf het, vergeet nie.

Anders as die tradisionele, moes die mense blomme uit hulle eie tuin gebring het. Hier is Anri du Preez besig om blommetjies op een van die gedenkstene te plaas. Die fokus hierdie jaar was op die kinders, en hulle het ons nie teleurgestel nie.

Dr Jackie Grobler het sommer die geleentheid gebruik om met groot entusiasme vir die voortrekkers te vertel wat hier gebeur het, en het self deelgeneem aan die Tablo wat deur die Voortrekkers gedoen is.

 

 

(Posted on 2008/03/05 11:39:59 AM)


Related topics:
  • Uitstappies...
  • Related stories:
  • Laerskool Louis Leipold besoek Irene
  • Arbeidsvreugde kommando
  •  

    (c) 2005 Erfenis vereniging van Centurion - Gebruiksvoorwaardes - Kontak ons - Webmeester