Erfenisvereniging van Centurion

 

 

Erfenis Vereniging van Centurion

 

Voorblad

Kaart

Nuus

Kerkhof

Boeke

Doelstellings

Sluit aan

Kontak ons

 

 


Uitnodiging na herdenking van Irene Konsentrasiekamp

 

9 Oktober 2011

 

Die Irene konsentrasiekamp het sy onstaan van die verskroeide aarde beleid van die Anglo-Boere oorlog. Ons herdenk die duisende kinders en vrouens wat met hulle lewens betaal het met 'n funksie wat begin met sonsopkoms die Sondag die naaste aan 10 Oktober elke jaar.

 

Die SA Vrouefederasie wat op 19 Oktober 1904 deur die hulpverpleegsters van die Irene Konsentrasiekamp gestig is, bied hierdie jaar die program aan. As kunstenaars gaan onder andere Dewald Grobler en Vita Wilkens optree met sang en voorlesings van C. Louis Leipoldt en Jan F.E. Celliers.

 

Die funksie begin om 05:30 sodra die son opkom. Koffie en beskuit sal na afloop van die program bedien word, en die verrigtinge sal vroeg klaarmaak sodat u nog betyds vir die diens in u eie gemeente kan wees.

 

Waar:                 Irene Konsentrasiekampkerkhof te Stopfordstraat, Irene. Vanaf die N1 neem die Bothalaan afrit in ‘n suidelike rigting vir ongeveer 1km,

                           draai dan regs in Stopford. Daar is duidelike aanwysings.

 

Wanneer:           9 Oktober 2011, om 05:30 (Sondagoggend met sonsopkoms!)

 

Bring saam:       Blomme uit u eie tuin.

                           Stoele

                           Donasie vir die SA Vrouefederasie

 

Parkering:         Ons het baie meer besoekers verlede jaar gekry, en wil graag u aandag op die parkeerareas vestig.  Die kampkerkhof het ‘n ingang uit Stopfordstraat, waar daar beperkte parkering beskikbaar is. Daar is egter heelwat parkering rondom die Oval en ook in Schorman straat by die Irene Laerskool.

 

Daar ook parkering aan die Suidekant van die kampkerkhof en daar is ‘n tweede ingang na die kampkerhof uit Bruce straat wat oopgesluit sal wees, met parkeerplekke in Cliffordstraat voor die Irene Laerskool.

 

Kontak:            

Cilliers du Preez 

(083) 325 9768

(012) 667 2213

Erfenisvereniging van Centurion

 

 
Cilliers du Preez
083 325 9768
012 667 1205
 
 

(c) 2005 Erfenis vereniging van Centurion - Gebruiksvoorwaardes - Kontak ons - Webmeester